2010

Oct

01

Hoe MAL kan ‘n mens wees…?

Met al die krieket knoeiery wat deesdae in krieket gesien word is dit genoeg om van mal te word.  Hierdie speler se trui sê presies hoe mal dit mens kan maak.

Mens sou dink dat na die Hansie Cronjé skandaal destyds, die euwel uitgeroei sou wees. Die mens is maar nooit tevrede met wat hy het nie.

Drie Pakistan spelers was nou onlangs die fokus punt in die grootste knoeiskandaal tot op hede. Hierdie voorvalle veroorsaak dat krieket ondersteuners alle geloofwaardigheid in die uitkoms van krieket wedstryde verloor.

Die groot vraag is nou of die sport hierdie knou sal kan oorleef…

Los ‘n komentaar hier



2010

Mar

16

SA Paaie: Slaggat Nr. 2010

Slaggate hier is SA is nie ‘n onbekende verskeinsel nie, maar as jy iets sien soos hieronder, dan weet jy iemand is gatvol vir hulle.  Hierdie kan ‘n advertensie veldtog wees vir die 2010 Sokker Wêreldbeker toernooi.  Dalk is dit ‘n telling van hoeveel slaggate die persoon al teegekom het.

Die probleem is dat die Munisipaliteite nie hulle biskibare fondse gebruik om die paaie instand te hou nie.  Nou is daar ‘n R164 miljard agterstand op instandhouding van paaie.  Dit is nie ‘n grap nie. Fred Mouton teken vir ons ‘n prentjie van die situasie:

Laat weet bietjie wat julle dink van die afêre.



2010

Mar

08

Kaapstad Donderstorm!!

Hierdie naweek was bloedig warn in die Wes Kaap.  Lafenes het gekom in die vorm van ‘n donderstorm.  Hier is ‘n paar fotos wat oor Kaapstad gemeem is tydens die storm.

Kyk hier en hier vir meer foto’s



2009

Sep

16

Wat is jou geheim?

Caster Semenya het almal laat wonder wat die geheim tot haar sukses in die 800 meter naaloop was.  Sy het toe besluit om haar geheim met ons te deel.  Dit sal dan seker nie as ‘n skok kom dat dit Mrs. Balls chutney is nie.

Mrs Balls