Hierdie produk het dadelik my aandag getrek, of moet ek sê “gevang”. Met eerste oog opslag lyk dit na ‘n baie goeie uitvindsel. As mens egter bietjie gaan nadink oor die hele affêre, weet ek nie meer so mooi nie. Gestel jy het nou NIE die wonder PoepSak gehad NIE, dan sou jy die hond se poo met ‘n sakkie van die grond af optel en rond dra tot by die naaste drom. Met die PoepSak stap die hond met die poo rond tot by die naaste drom (stinkgat). Dink net as ons almal met ‘n toilet op ons rug vasbind die strate dreurgeloop het. Ek dink darm nie dis goed vir die honde se selfbeeld nie. Ek meen hoe moet hulle nou mekaar se stêre snuif…!
